Gewoonlik moet beide mans en vroue rus
23/06/06Orgasme is die afsluiting van die plato-fase van die seksuele reaksiesiklus in beide mans en vroue. Albei geslagte ervaar tydens hierdie proses vinnige reekse spierkontraksies van die bekkenspiere. Die bekkenspiere omring die anus en die geslagsorgane. Orgasmes het by albei geslagte ook ander onwillekeurige handelinge tot gevolg. Hierdie sluit spierspasmas in ander dele van die liggaam en die onwillekeurige uitering van geluide in. Daar is ook ‘n algemene sin van welsaligheid daarby betrokke. Na orgasme voel ‘n mens moeg, en gewoonlik moet beide mans en vroue rus. Hierdie verskynsel is waarskynlik die resultaat van endorfiene wat tydens orgasme vrygestel word.
Uit Wikipedia
Ze zit aan tafel met haar vader.