As jy dus te jonk is of dalkies ontuis voel met die aard van die materiaal, moet jy eerder nou omdraai! Skoert!
Die sonvuur sink in ’n soel skemeraand
ons lus vlam op die houtvloer demp ons val
smagtend, dringend, alle vals skille aflê
buite broei ’n afrika-storm, die wind omvorm
Lyflik lieflik mekaar betas bevoel verrinneweer teer …
hande om borste vou, tepels tussen vingers bot
elke sentimeter van jou blote rug belees
besoen langsaam af tot toon-vir-toon
Ons hande verstrengel mekaar opwek
die laaste rooi oor jou skouers straal
jy byt my vinger as ek jou naeltjie lek
mond-aan-mond niks sê, my arms op jou dye lê
Soos ’n swaard in sy skede smelt ons inmekaar
as die eerste blitse die huis verlig
en skadu’s teen die mure speel
is ons s’n een, oneindig wil ons wens ons
Estrum adem alles
die bome en die nat warm grond
jy jou ek my ons … se
seks, skansloos en skaamteloos
Die donderweer was ons voorspel, die blitse ons genot
adrenalien, endorfien ’n verslawende lyfsmorfien
bewussyn is ’n sielsekstase
op ’n soel skemer … soel skemeraand
Toksienloos, swetend oor my gedrapeer
’n bries wat gloeiende liggame laaf
druppels op die vensterbank knal
spat stomend op ons bene, spuit uit die afvoerpyp op stene
Diesel jeans in die hoek, koue espresso’s langs die stoof
skoon taranangi, ongerol vergete
die wierook brand steeds, spelend met die windvlae
spelend met ons vlees
op ’n koel skemer … koel skemeraand
Liefderyk versorg deur Ingrid Lehmensich